Amupanda sê NLU is verteenwoordigers van setlaars en onderdrukkers

Die Namibiese Landbou-unie is deur die Nasionale Vergadering genooi om ’n verhoor by te woon aangaande ’n petisie vir die regulering van buitelandse grondeienaarskap in Namibië. Hierdie besprekings is voorafgegaan deur die indiening van ’n petisie deur die Affirmative Repositioning-beweging  om die Wetsontwerp op die Regulering van Grondeienaarskap deur Buitelanders te wysig. Die landbou-unie het gesê buitelandse beleggings in die Namibiese landbousektor is hoofsaaklik gefokus op hoë waarde uitvoergewasse. Job Amupanda van die beweging het in reaksie hierop gesê dié wit landbou-unie is verteenwoordigers van die setlaars en onderdrukkers.