Tertius Simmers gereed vir nuwe pos in infrastruktuur-ontwikkeling

Die voormalige Wes-Kaapse LUR vir menslike nedersettings, Tertuis Simmers, het sy aanstelling as die LUR vir infrastruktuur-ontwikkeling verwelkom. In sy nuwe rol sal Simmers toesig hou oor die daarstelling van ‘n departement wat aan die begin van die nuwe boekjaar op dreef sal kom. Simmers sê die 30,3 miljard rand wat aan infrastruktuur oor die mediumtermyn toegewys is, sal help met die provinsiale regering se verbintenis tot die ontsluiting van ekonomiese groei en werkskepping.