Bulle speel vir wyle Wannenburg, wen 46-29

Die Bulle het vir wyle Pedrie Wannenburg, hul oud-spanmaat wat in Houston, Texas, in ‘n motorongeluk gesterf het, gespeel en gewen. ‘n Oomblik van stilte is op Loftus Versfeld voor die afskop van die Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd ter ere van Wannenburg gehou. Die Bulle het Benetton met 46-29 geklop danksy Kurt-Lee Arendse. Marcell Coetzee, Chris Smith en Cyle Brink. Simphiwe Matanzima het op die nippertjie ‘n drie gedruk.