Frankryk reik ook lasbrief vir inhegtenisname vir oudhoof van Nissan uit

Franse owerhede het ‘n internasionale lasbrief uitgereik vir die inhegtenisname van Charles Ghosn, oudhoof van Nissan, wat uit Japan na Libanon gevlug het om vervolging vir finansiële misdrywe te systap. Parys beskuldig hom van geldwassery en korrupsie. Ghosn, wat in 2019 op dramatiese wyse in ‘n musiektas uit Japan gevlug het, is verbaas dat Frankryk ‘n internasionale lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik het. Daar is nou vyf internasionale lasbriewe teen hom.