Namibië herdenk vandag Wêrelddag vir Veiligheid by die Werkplek

Namibië het vandag die Wêrelddag vir Veiligheid en Gesondheid by die Werkplek herdenk. Vanjaar se tema is: “Enhancing Social Dialogue Towards a Culture of Safety and Health. Anna Salkeus, die skakelbeampte van die ministerie van arbeid, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die optog wat vandag plaasgevind het. Sy het gesê die dag was […]

Read More

Rampgeteisterde inwoners van KZN kry nuwe ID’s

Die Suid-Afrikaanse departement binnelandse sake het aangekondig sterfte- en geboortesertifikate en identiteitsdokumente wat in die verwoestende oorstromings in KwaZulu-Natal verlore gegaan het, sal gratis heruitgereik word. Adjunkminister Njabulo Nzuza en ander amptenare besoek die KwaDukuza-munisipaliteit om dienslewering na te gaan. Sy sê inwoners wat hulle ID’s verloor het, sal vandag nuwes kry.

Read More

Tito Mboweni aangestel as direkteur van Discovery

Die voormalige minister van finansies in die buurland, Tito Mboweni, is aangestel as ‘n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur van Discovery. Mboweni het verlede jaar as minister van Finansies bedank en in Januarie vanjaar ook as lid van die Parlement. Hy is ook ‘n gewese minister van Arbeid en president van die Reserwebank. Mboweni is onlangs aangestel as die […]

Read More

Minstens 400 000 Gautengers nou sonder rybewyse

Die DA in Gauteng sê die spertyd vir die hernuwing van rybewyse wat tydens 2020 se streng inperking verstryk het, is verby en 1,3 miljoen bestuurders in die land is sonder geldige rybewyse – minstens 400 000 van hulle in Gauteng. DA-woordvoerder Dorianne Arendse sê die provinsie se bestuurders sal in misdadigers omskep word aangesien […]

Read More

Gerhard Mans-saak: Beskuldigde bly in aanhouding

Die 31-jarige Jafet Paulus, ’n Namibiese burger van Karibib, is vandag van strafbare manslag in die Windhoekse landdroshof in Katutura aangekla ná die noodlottige ongeluk Woensdagoggend van die rugby-legende en bekende fietsryer, Gerhard Mans Senior op die Westelike Verbypad. Paulus bly in aanhouding nadat die staat borgtog teengestaan het weens vrese dat hy ‘n vlugrisiko is of met getuies kan […]

Read More

Chapmanspiek-rylaan herdenk vandag 100 jaar

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, en die LUR vir Vervoer, Daylin Mitchell, het vandag ‘n gedenkplaat by die Chapmanspiek-tolplaza onthul, ter viering van die 100ste herdenking van dié ikoniese roete. Chapmanspiek-rylaan, wat Houtbaai en Noordhoek verbind, is op 6 Mei 1922 vir die publiek geopen. Winde sê Chappies is nog altyd beskou as een van […]

Read More

Jill Biden gaan Moedersdag in Oos-Europa vier

Die Withuis het bevestig die Amerikaanse presidentsvrou, Jill Biden, gaan Oos-Europa die naweek besoek om deel te neem aan Moedersdag-vierings by ‘n vlugteling-sentrum en skool in Slowakye. ‘n Deel van haar toer sluit ‘n besoek in aan Slowakye se grens met Oekraïne. Daar sal Biden ‘n beheerpunt besoek waar Oekraïense vlugtelinge basiese bystand ontvang van humanitêre en Slowaakse regeringswerkers. 

Read More

Uiters goeie vordering met proewe vir inenting onder koedoes teen hondsdolheid

Die derde fase van proewe op mondelinge entstof vir hondsdolheid in koedoes is pas voltooi. Daar is groot opgewondenheid oor moontlik sukses om teenliggaampies in die spesie te kan opbou. Dr. Rainer Hassel, studieleier van die projek en dosent by Unam se Veeartseny-skool, verduidelik.

Read More

Sam !Khubis word die naweek herdenk

Die herdenking van Sam !Khubis is uiters belangrik vir Namibië se Baster-volk. Dit herdenk die oorwinning van die Basters op 8 Mei 1915 teen die Duitse koloniale weermag. Manfred Draghoender, wat deel is van die komitee wat die herdenking reël het die besonderhede van vanjaar se herdenking met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.

Read More

Beurtkrag bly tot Maandag – Eskom

Eskom sê hy verwag ‘n afname in die aanvraag na elektrisiteit teen vanmiddag en oor die naweek. Die stadige herstel van die opwekkingskapasiteit sal egter nie ‘n afname in die beurtkrag toelaat nie. Dit beteken fase twee sal, soos dit beplan is, tot vyf-uur Maandagoggend duur. Energiekenners het intussen verklaar Eskom bly die grootste bedreiging […]

Read More