Bokke gaan in Toulon vir Wêreldbeker bly

Rugby: Die Springbokke het gekies om in die suidelike kusstad Toulon te bly tydens die groepswedstryde van volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Frankryk. Die verdedigende kampioen sal in die hoofstad, Parys, oorbly vir sy groepskragmeting met Ierland op die Stade de France in Saint-Denis. Die toernooi begin op 8 September met die wedstryd tussen die gasheer en die All Blacks in Parys. Suid-Afrika se eerste kragmeting is twee dae later teen Skotland in Marseille.