Jill Biden gaan Moedersdag in Oos-Europa vier

Die Withuis het bevestig die Amerikaanse presidentsvrou, Jill Biden, gaan Oos-Europa die naweek besoek om deel te neem aan Moedersdag-vierings by ‘n vlugteling-sentrum en skool in Slowakye. ‘n Deel van haar toer sluit ‘n besoek in aan Slowakye se grens met Oekraïne. Daar sal Biden ‘n beheerpunt besoek waar Oekraïense vlugtelinge basiese bystand ontvang van humanitêre en Slowaakse regeringswerkers. 

Read More

Uiters goeie vordering met proewe vir inenting onder koedoes teen hondsdolheid

Die derde fase van proewe op mondelinge entstof vir hondsdolheid in koedoes is pas voltooi. Daar is groot opgewondenheid oor moontlik sukses om teenliggaampies in die spesie te kan opbou. Dr. Rainer Hassel, studieleier van die projek en dosent by Unam se Veeartseny-skool, verduidelik.

Read More

Sam !Khubis word die naweek herdenk

Die herdenking van Sam !Khubis is uiters belangrik vir Namibië se Baster-volk. Dit herdenk die oorwinning van die Basters op 8 Mei 1915 teen die Duitse koloniale weermag. Manfred Draghoender, wat deel is van die komitee wat die herdenking reël het die besonderhede van vanjaar se herdenking met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.

Read More

Beurtkrag bly tot Maandag – Eskom

Eskom sê hy verwag ‘n afname in die aanvraag na elektrisiteit teen vanmiddag en oor die naweek. Die stadige herstel van die opwekkingskapasiteit sal egter nie ‘n afname in die beurtkrag toelaat nie. Dit beteken fase twee sal, soos dit beplan is, tot vyf-uur Maandagoggend duur. Energiekenners het intussen verklaar Eskom bly die grootste bedreiging […]

Read More

Olietekorte lê ook by Angola en Nigerië, produksie is onder teikens

Byna die helfte van die tekorte in olievoorraad van Opul en en sy bondgenote is te danke aan Nigerië en Angola. Dit is volgens die jongste data en een van die redes daarvoor is dat oliemaatskappye weg beweeg van bronne op die vasteland. Opul en sy vennote, bekend as Opul-plus, het 1,45 miljoen vate per […]

Read More

Calle maan boere om voorsorg te tref – brandseisoen is op pad

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein het boere gemaan om hulself voor te berei om veldbrande te voorkom. Groot dele van Namibië is vatbaar vir veldbrande, veral hierdie tyd van die jaar nadat die land goeie reën gekry het. Verlede jaar is 59 plase in puin gelê. Motoriste moenie sigaretstompies uit hul voertuie gooi nie en […]

Read More

Meer oor gewapende rooftog in hoofstad vanoggend

Daar is nog nie veel inligting oor vanoggend se gewapende rooftog van ‘n kontant vervoerwa in die hoofstad nie. Daar was volgens berigte vier rowers en ‘n sekuriteitswag is in die voorval beseer. Kontant en drie wapens is gebuit. Sersant Johannes Emvula van die Windhoek Stadspolisie het meer…

Read More

Mosiehof-eise beloop N$35,8m

Regters Boas Usiku en Thomas Masuku het vanoggend se mosiehof-sessies in die hoofstad hanteer. Van 76 aansoeke om verstekvonnisse was 34 deur banke gebring met ‘n totaal van 11 reël 108 aansoeke op die rol. Banke soek 18 eiendomme met ‘n uitstaande waarde van 27,6 miljoen Namibiese dollar in lenings terug, en ook 18 lenings […]

Read More

Vrou wat kêrel bedrieg lok reaksie uit

Die saak waar die 36-jarige Heather Mathews haar kêrel Willem Hatutale uit 10 000 Namibiese dollar bedrieg het deur te sê sy is swanger toe hy haar los en toe geld gevra het om vir haarself te sorg, lok wyd reaksie uit. Daar is plaaslik ‘n tendens om op mans te fokus in gevalle van […]

Read More

Tjongarero verduidelik haar standpunt oor Mwiya se pos

Die minister van sport Agnes Tjongarero eis dat die posisie van die administrateur van die Namibiese Sportkommissie geadverteer moet word, ten spyte daarvan dat die raad beslis het dat Freddy Mwiya se kontrak verleng moet word. Volgens berigte gaan die minister die aanklaer-generaal in die verband nader. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor […]

Read More