Waarnemende afrigers van Kaizer Chiefs kom vandag voor hul eerste toets te staan

Sokker: Die nuutaangestelde waarnemende afrigters van Kaizer Chiefs, Arthur Zwane en Dillon Shepherd, lei die span wanneer hulle vanmiddag teen Stellenbosch FC te staan kom. Die twee is aangestel ná die afdanking Donderdag van Stuart Baxter. Dit is die tweede keer dat Zwane en Shepherd as tydelike afrigters aangestel is. Hulle het verlede seisoen dieselfde poste beklee toe Gavin Hunt afgedank is met nog twee wedstryde oor. Die Amakhosi is vierde op die Premierskap-punteleer met nog twee oorblywende wedstryde.