Bedingingsraad verwerp saak van onbillike afdankings in Johannesburg

Die Stad Johannesburg het ‘n beslissing van die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsbedingingsraad verwelkom. Die raad het die saak van stadswerknemers verwerp wie se vaste-termynkontrakte onwettig deur die voormalige burgmeesterskomitee na permanente poste  verander is. Die lid van die burgemeesterskomitee vir Groep-Korporatiewe- en Gedeelde Dienste, Leah Knott, sê dié finale beslissing van die raad kanselleer gister se Arbeidshofbeslissing. Knott sê die stad gaan voort met die normaliseringsproses van kontrakte wat aan die einde van April verval.