Mensehandel-sindikaat bedrywig in Nam

Die Namibiese ministerie van veiligheid en sekuriteit sê in ‘n verklaring dat daar kommer is oor ‘n sindikaat in die land wat jong, Namibiese vroue teiken vir beter geleenthede in Oman. Volgens die ministerie betaal Namibiese vroue eers 8 000 Namibiese dollar vir die proses om te begin en dan, 40 000 dollar vir vlugkaartjies […]

Read More

Cenored sê oor kragonderbreking

Cenored het meer inligting bekend gemaak oor die krag-onderbreking in die Otavi-kiesafdeling. ‘n Transformator het reeds Woensdag ingegee en sal moontlik eers Vrydag herstel wees. Charlie Matengu, woordvoerder by Cenored, is aan die woord…

Read More

Stygende kostes: Pas jou leefstyl aan, maan kenner

Kenners voorspel dat verbruikers hier en in die streek se lewenskoste sal aanhou styg. Basiese uitgawes soos kos en brandstof onder andere, styg vinniger as mense se inkomste en leefstyle moet aangepas word. ‘n Finansiële kenner in die buurland, Gerald Mwandiambira, sê dié stygende koste mag mense in die skuld laat beland:

Read More

Nog ‘n Russiese oligarg draai teen Putin

Die besluit van een van Rusland se rykste mense om uit sy oliemaatskappy te bedank, is glo bedoel om die maatskappy te beskerm nadat Brittanje sanksies teen hom ingestel het. Vagit Alekperov het gister sy bedanking as president en direkteur van die land se tweede-grootse oliemaatskappy, Lukoil, aangekondig. Die maatskappy het verlede maand weggebreek van […]

Read More

Grootfontein: PDM sê Uutoni moet terugstaan

Die leier van die amptelike PDM-opposisieparty McHenry Venaani het in ‘n brief aan President Hage Geingob gevra dat die minister van stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, uittree uit die chaos in die Grootfontein munisipaliteit. Die PDM beweer die minister het belange daar en dus moet hy terugtree. Venaani se woordvoerder Roberto Dirkse het met Kosmos 94.1 […]

Read More

HAN reageer op ongeskikte grenspersoneel

‘n Plasing op sosiale media deur Tsitsi Dangarembga, ‘n Zimbabwiese skrywer oor die ongeskikte grenspersoneel toe sy Namibië wil binnekom vir die Doek Literêre Fees in Windhoek, lok reaksie uit. Sy beweer sy is uiters swak behandel deur onbevoegde personeel. Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheids-vereniging het haar reaksie so verwoord.

Read More

Beiroet-hawe-ontploffing: Een vas in Madrid

‘n Portugese man sal ‘n uitleweringsverhoor in Madrid in die gesig staar oor bewerings dat hy betrokke was by die verwoestende hawe-ontploffing in 2020 in Beiroet. Die man, in die hof genoem as Jorge Manuel Mirra Neto Moreira, het vandeesweek vanaf die Spaanse hoofstad na Chili gevlug maar is deur Interpol aangekeer.  Hy het Woensdag […]

Read More

Sokker: Franco is uit, sê NFA

Jacqueline Gertze is vandag as die waarnemende sekretaris-generaal by die Namibië-sokkervereniging aangestel nadat Franco Cosmos van sy pligte ontslaan is. Die afdanking is onmiddellik van effek. Die Normaliseringskomitee wat op 30 Maart vanjaar aangestel is, het ‘n dissiplinêre verhoor gehou en daar is beslis dat Cosmos uit sy amp verwyder moet word.

Read More

SAPS ontplooi 5 000 lede in KZN

Die Suid-Afrikaanse polisieminister, Bheki Cele het 5 000 lede ontplooi in KwaZulu-Natal om te help met noodbystand en opruimings operasies.Kosmos 94.1 se Kaapse korrespondent Fritz Platt het die besonderhede.

Read More

SPYL en jeug verwerp FIMA

Die kontroversiële FIMA-wetgewing bly in die nuus. Die wetgewing, wat op 1 Oktober vanjaar in werking tree, bepaal dat 75 persent van pensioenfondse nie opgeëis kan word die aftreeouderdom van 55 jaar nie. ‘n Aktivis vir die jeug, June Shimuoshili sê jeug moes deel gevorm het van die gesprek rondom die kwessie. Sy voeg by […]

Read More