Namibiese weermag se versekeraar is nou oop vir die publiek

Namforce Life Insurance is nie meer beperk tot versekeringsdekking vir slegs weermaglede nie en is nou oop vir die publiek. Die ministerie van verdediging en veterane-sake, Frans Kapofi, het verduidelik dat daar gedurende die vroeë 1990’s, kort na onafhanklikheid, ‘n behoefte was vir die Namibiese regering om te help om versekeringsdekking vir die Namibiese gewapende […]

Read More

Mmusi Maimane soek lys van wie staatsgeld tydens ramptoestand gebuit het

Die leier van die One South Africa-beweging, Mmusi Maimane, wil ‘n lys sien van al die mense wat betrek word by die buit van staatsgeld tydens die nasionale ramptoestand. Maimane glo die name moet bekend gemaak word van al mense wat van die ramptoestand misbruik gemaak het om te steel. Hulle moet ook in die skande gesteek en vervolg word. […]

Read More

Pakistanse parlement stem Imran Kahn uit

Imran Khan is as eerste minister van Pakistan uitgestem na hy ‘n mosie van wantroue in die parlement verloor het. Die voormalige krieketspeler het probeer om die mosie te keer deur die parlement te ontbind, maar Pakistan se hoogste hof het beslis die poging is ongrondwetlik. Opposisiepartye het daarin geslaag om 174 stemme in die parlement […]

Read More

Tiger Woods se droom by Meesters vervaag

Gholf: Tiger Woods het sy swakste telling ooit by die Meesters opgestel met ‘n syfer van 78, ses meer as baansyfer. Dit was in die derde ronde by Augusta. Woods sê ‘n syfer van 66 vandag sal die naweek vir hom suksesvol maak. Die wêreld se nommer-een-speler, Scottie Scheffler van Amerika, se voorsprong het tot drie houe […]

Read More

Lewis Hamilton wil Formule 1 in SA jaag

Motorsport: Lewis Hamilton gaan nie sy veldtog om Formule Een na Suid-Afrika terug te bring laat vaar nie. Terwyl baie jaers die toevoeging van Las Vegas op die kalender vir volgende seisoen verwelkom het, dring die sewe-malige wêreldkampioen daarop aan om Suid-Afrika in te sluit. Byna 30 jaar het verbygegaan sedert die land laas ‘n F1-wedren […]

Read More

Macron veg om oorlewing in Franse verkiesing

Kiesers in Frankryk trek vandag hulle kruisies in die eerste ronde van die land se presidensiële verkiesing. Peilings toon President Emmanuel Macron se voorsprong oor sy hoofuitdager, die verregse kandidaat, Marine Le Pen, het erg gekrimp. Die verkiesingsveldtog is oorskadu deur die oorlog in Oekraïne, maar vir baie kiesers is die hoë lewenskoste die belangrikste kwessie. 

Read More

Ramaphosa paai Vrystaters

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het inwoners van die Vrystaat die versekering gegee die regering neem hulle bekommernisse ernstig op. Ramaphosa het duisende mense in die Dr Petrus Molemela-stadion in Mangaung tydens ‘n presidensiële imbizo toegespreek. Inwoners kla oor swak dienslewering met swak paaie, watertekorte, ‘n hoë misdaadsyfer en werkloosheid. Die president sê die imbizo sal die regering help om die voldoende […]

Read More

Geen slaggat in Rundu se strate herstel nie

Die uitvoerende hoof van die Paaiefonds-administrasie, Ali Ipinge, sê nie een slaggat is in Rundu se strate sedert Januarie reggemaak nie, ondanks die bydrae wat die fonds aan die Rundu-dorpsraad gegee het om die paaie in stand te hou. Die fonds ondersteun meer as 57 plaaslike owerhede in die land en 14 streeksrade landwyd om paaie te onderhou. Ipingi sê hy is […]

Read More

Ipumbu Shiimi neem waar as minister van openbare staatsondernemings

Namibiese President Hage Geingob het die minister van finansies, Ipumbu Shiimi, as waarnemende minister van openbare staatsondernemings aangestel nadat die vorige minister, Leon Jooste, bedank het. Shiimi sal as die hoof van die ministerie van staatsondernemings waarneem om die oorgang van dié ministerie na die ministerie van finansies vlot te laat verloop. Die aanstelling geld […]

Read More

SA epidemioloog maan Brittanje kan ‘n nuwe super-verspreider variant laat ontstaan

Die Suid-Afrikaanse epidemioloog Salim Abdool Karim waarsku Brittanje kan ‘n nuwe super-verspreider Covid-variant laat ontstaan. Karim het sy kommer uitgespreek oor die Verenigde Koninkryk se gebrek aan beperkingsmaatreëls in reaksie op die wêreldwye gesondheidskrisis. Hy sê die volgende variant het die vermoë om vinniger as enige ander variant te versprei. Hy maan steeds mense om […]

Read More