Grootfontein: PDM sê Uutoni moet terugstaan

Die leier van die amptelike PDM-opposisieparty McHenry Venaani het in ‘n brief aan President Hage Geingob gevra dat die minister van stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, uittree uit die chaos in die Grootfontein munisipaliteit. Die PDM beweer die minister het belange daar en dus moet hy terugtree. Venaani se woordvoerder Roberto Dirkse het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.