Poemas klop Haaie, Cheetahs wen leeus

Rugby: Die Poemas het die Haaie gisteraand in Durban oortuigend met 20-10 in ‘n Curriebekerwedstryd geklop. Die Poemas het met dié uitslag ‘n bietjie ingehaal teen die Griekwas wat in die vierde plek is met slegs een-punt verskil tussen die twee spanne. In Johannesburg moes die Cheetahs alles uithaal vir hulle oorwinning van 35-26 oor […]

Read More

Byna N$1,4 miljoen geroof van kontantvervoerwa

Die Windhoek Stadspolisie het bevestig geen verdagtes is nog in hegtenis geneem ná gister se gewapende rooftog van ‘n kontantvervoerwa by die Puma-depot in die noordelike nywerheidsgebied in die hoofstad nie. Daar was volgens berigte vier rowers en ‘n sekuriteitswag is in die voorval beseer. Kontant ter waarde van byna 1,4 miljoen Namibiese dollar en […]

Read More

DA eis opheffing van maskermandaat in skole

Die DA doen ‘n beroep vir die opheffing van die masker-mandaat in skole. Dit volg nadat verskeie gesondheidskundiges herhaaldelik gesê het die risiko van die mandaat vir leerlinge weeg swaarder as enige moontlike voordele. Volgens Baxolile Nodada van die DA het die masker-mandaat in Suid-Afrika nie enige merkbare uitwerking gehad om die verspreiding van Covid-19 […]

Read More

Ontploffing ruk hotel in Havana

‘n Groot ontploffing het ‘n bekende hotel in Havana in Kuba geruk en verskeie verdiepings het ineengestort. Minstens vier mense is dood, berig plaaslike media en ooggetuies. President Miguel Diaz-Canel het op die toneel gesê die ramp by die Saratoga-hotel was nie weens ‘n bom nie en ‘n gaslekkasie is die waarskynlikste oorsaak. Verskeie mense is beseer.  

Read More

Ster in rolstoel gaan SA in Slowenië verteenwoordig

Liggaamsbou: ‘n Rolstoel-gebonde liggaamsbouer van Kariega in die Oos-Kaap is gekies om Suid-Afrika volgende maand op die Sloweense Liggaamsbou-Wêreldbekerbyeenkoms te verteenwoordig. Max Kulati sê hy is opgewonde, hoewel befondsing vir sy reis ‘n uitdaging is. Rochelle van der Bank van die Internasionale Liggaamsbou- en Fiksheids-federasie sê die organisasie ontvang nie geld van die regering nie, omdat dit nie aan die vereistes […]

Read More

Inligtingsministerie wil gemeenskapsmedia beleidsraamwerk finaliseer

Die Namibiese inligtingsminister, dr. Peya Mushelenga, het gesê sy ministerie is besig om die  gemeenskapsmedia beleidsraamwerk binne die huidige boekjaar te finaliseer wat die ontwikkeling van gemeenskapsmedia in die land versterk. Mushelenga het by die herdenking van die Wêreldpersvryheidsdag gesê die raamwerk sal veral gemeenskapsradio versterk, wat gemeenskappe op voetsoolvlak sal bemagtig. Hy het bygevoeg dat, aangesien toegang tot inligting een van die hoekstene van vryheid […]

Read More

Steenhuisen gee terugvoering oor sy Oekraïnse besoek

Terwyl Suid-Afrika se ANC-regering geweier het om Rusland se oorlog in die Oekraïne te veroordeel en ‘n neutrale stand aangeneem het, het die DA-leier John Steenhuisen besoek in Oekraïne afgelê. Hy sê die verwoesting in die Oekraïnse hoostad, Kiëf, is hartverskeurend. Hy gee terugvoering vanaf Kiëf ná afloop van sy besoek.

Read More

Stad Kaapstad heropen MyCiti-bushaltes

Stad Kaapstad se direktoraat vir stedelike mobiliteit heropen volgende week Saterdag MyCiTi se Grey- en Neptune-bushaltes weens die aanvraag vanaf passasiers. Die twee bushaltes was gesluit weens die Covid-pandemie en die gevolglike beperkings op beweging. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir stedelike mobiliteit, Rob Quintas, sê hy glo die vraag sal aanhou groei, veral gegewe die […]

Read More

Bestaande middels kan behandeling van kanker hervorm

Navorsers in Kanada, Skotland en Finland het ‘n ontdekking gemaak wat hulle glo verreikende veranderinge in kankerbehandeling kan meebring. Die kenners het bevind bestaande middels wat gebruik word vir die behandeling van hartsiektes en depressie kan sleutelveranderinge in kankerselle wat verband hou met hul vermoë om te versprei, omkeer. Hierdie proses staan bekend as metastase. Die toestand […]

Read More

SARU maak stem dik oor beperkings op toeskouergetalle

Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie het die week weer sy stem dik gemaak en die land se regering gevra om so gou moontlik die huidige beperkings op toeskouergetalle by sportbyeenkomste af te skaf. Die unie sê die sport verkeer tans onder hewige finansiële druk as gevolg van die twee jaar van inperkings, en die 50 persent limiet […]

Read More