Weinstein sal weer verhoor word

Manhattan se distriksprokureur, Alvin Bragg, sê aanklaers sal teen September gereed wees vir die Hollywood-rolprentvervaardiger, Harvey Weinstein, se herverhoor. New York se hoogste hof het verlede maand Weinstein se 2020-skuldigbevinding aan seksmisdade nietig verklaar en opdrag gegee vir ʼn herverhoor. Regters voer aan daar was foute in die manier waarop die verhoor plaasgevind het. Dit sluit in dat getuienis toegelaat is van vroue wat nie deel was van die aanklagte teen hom nie. Bragg sê hulle soek geregtigheid vir Weinstein se slagoffers: