Sokker: Franco is uit, sê NFA

Jacqueline Gertze is vandag as die waarnemende sekretaris-generaal by die Namibië-sokkervereniging aangestel nadat Franco Cosmos van sy pligte ontslaan is. Die afdanking is onmiddellik van effek. Die Normaliseringskomitee wat op 30 Maart vanjaar aangestel is, het ‘n dissiplinêre verhoor gehou en daar is beslis dat Cosmos uit sy amp verwyder moet word.