HAN reageer op ongeskikte grenspersoneel

‘n Plasing op sosiale media deur Tsitsi Dangarembga, ‘n Zimbabwiese skrywer oor die ongeskikte grenspersoneel toe sy Namibië wil binnekom vir die Doek Literêre Fees in Windhoek, lok reaksie uit. Sy beweer sy is uiters swak behandel deur onbevoegde personeel. Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheids-vereniging het haar reaksie so verwoord.