Nog ‘n Russiese oligarg draai teen Putin

Die besluit van een van Rusland se rykste mense om uit sy oliemaatskappy te bedank, is glo bedoel om die maatskappy te beskerm nadat Brittanje sanksies teen hom ingestel het. Vagit Alekperov het gister sy bedanking as president en direkteur van die land se tweede-grootse oliemaatskappy, Lukoil, aangekondig. Die maatskappy het verlede maand weggebreek van President Vladimir Putin en gevra die oorlog in Oekraïne moet beëindig word. Daar word berig Lukoil het meer as 100 000 werknemers en voorsien meer as 2 persent van die wêreld se ru-olie.