Google toets emoji’s met klank

Dit lyk asof Google “klank-emoji’s” aan sy foongebruikers bekend stel. Sommige Google Pixel-fooneienaars sien ‘n opsie om ‘n reaksie te stuur tydens ‘n oproep. Die “klank-emoji”-opsie swiep op om ses bekende emoji’s te toon: Lag, klap, feesvier, ‘n trom, huil en … die bolla-emoji. Wanneer ‘n gebruiker die emoji’s tik, speel hulle ‘n ooreenstemmende klank op die foon. Sommige van die bypassende klanke is duidelik – klap is klap, lag is lag, die trom maak ‘n ‘badum tish’-geluid. En, ietwat onvermydelik, maak die bolla-emoji ‘n geluid wat klink soos om ‘n wind te los. Die opdatering, wat blykbaar net getoets word omdat dit nie aan alle gebruikers bekend gestel word nie, is met gemengde reaksies ontvang. 

Foto: iStock