Red Bull bevestig Newey waai

Red Bull het bevestig sy hoofontwerper, die 65-jarige Adrian Newey, verlaat vroeg volgende jaar die Formule Een-span. Hy het in 2006 by die span aangesluit en die ontwerp van motors gelei wat die span in 20 seisoene al 13 hul wêreldtitels besorg het. Red Bull se spanleier en uitvoerende hoof, Christian Horner, het Newey se invloed op die span geloof en hom as ʼn ware legende beskryf. Volgens berigte het Ferrari en Aston Martin Newey genader.