46 vermeende migrante dood in vragmotor in Texas aangetref

Amerikaanse owerhede het Maandag 46 vermeende migrante dood in ‘n vragmotor sleepwa in San Antonio, Texas, aangetref. Sestien ander, wat vier kinders insluit is na die hospitaal afgevoer. Volgens die hoof van die San Antonio polisiedepartement, William McManus, is drie verdagtes in hegtenis geneem. Hy het beklemtoon dat die ondersoek oorhandig is aan federale owerhede wat spekulasie laat ontstaan dat dit moontlik ‘n geval van mensehandel is. Die afgelope tyd het die VSA ‘n rekord-getal migrante aangeteken wat die land probeer inkom.