Katolieke priester tronk toe vir dood van man met albinisme

’n Hof in Malawi het vandag ’n Katolieke priester tot 30 jaar en verskeie ander mense tot lewenslange tronkstraf gevonnis oor die grusame moord in 2018 op ’n man met albinisme. Regter Dorothy Kamanga sê Thomas Muhosha, wat ‘n gemeente in Machinga, 100 kilometer noordoos van Blantyre gelei het, het die vertroue wat baie in hom gestel het, geskend. Vyf ander verdagtes is lewenslange tronkstraf opgelê een van hulle was die slagoffer se broer.