Hoop dat Tsjad-stemmery vreedsaam verloop

Die Wêreldorganisasie teen Marteling vra dat die verkiesing in Tsjad vreedsaam verloop. Die Afrikaland stem vandag in sy eerste presidentsverkiesing in drie dekades sonder die langdienende leier, Idriss Déby, wat in 2021 dood is. Sy seun, Mahamat wat die mag oorgeneem het nadat junta-rebelle sy pa vermoor het, is die gunsteling om te wen. Die eerste minister, Succès Masra, is een van nege ander kandidate en word as sy sterkste teenstander beskou. Die organisasie sê hierdie verkiesing bied ʼn unieke geleentheid vir Tsjad om ʼn nuwe tydperk van demokrasie en vrede in te lui.