Vrae oor miljoene wat onreëlmatig in Gauteng bestee is

Nes in Namibië, het plaaslike owerhede in Suid-Afrika ook groot uitdagings met onreëlmatige besteding. Die Emfuleni-munisipaliteit in Gauteng het oor ʼn tydperk van 36 maande meer as 200 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan diensverskaffers bestee. Daar is ook bewerings dat sommige van hierdie maatskappye deur lede van die ANC besit word. Die DA stel voor dat die uitkontraktering van diensverskaffers geskrap word en dat interne bronne aangewend word om die volgehoue water- en rioolkwessies aan te spreek. Woordvoerder, Kingston Chabalala, sê daar is geen bewys hoe die geld werklik aangewend is nie: