Enoch moet R1,50 verlaging in heffings hou vir beter brandstofprys

Die Suid-Afrikaanse organisasie teen belastingmisbruik, OUTA, doen ‘n beroep op die finansminister, Enoch Godongwana, om die verligting van 1 Suid-Afrikaanse rand en 50 sent by die brandstofheffing voort te sit. Die land staar volgende maand nog ‘n skerp brandstofstyging in die gesig. OUTA se uitvoerende hoof, Wayne Duvenhage, sê die verligting in die brandstofheffing het vir April, Mei en Junie gegeld. Hy sê indien die minister dit soos beplan van volgende Woensdag af verlaag tot 75 sent per liter, kan motoriste volgende maand ‘n styging van sowat 2 rand en 50 sent per liter petrol verwag: