Nictus-groep brei verder uit

Die langverwagte Glasfit het uiteindelik sy opwagting in Namibië gemaak. Die maatskappy, met meer as 30 jaar ervaring in voertuig-glas, sal op 1 Julie amptelik open by Windhoek se Trentyre-tak in Dieselstraat. Glasfit is die nuutste toevoeging tot die Nictus-groep. Phillipus Tromp, die groep se besturende direkteur is aan die woord.