Talle aspekte in energie-oorgang wat in ag geneem moet word

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres sê daar is baie belangrike aspekte in die oorskakeling na hernubare energie wat in ag geneem moet word. Hieronder is die manier wat kritieke minerale ontgin word, sowel as hoe derde wêreld- en arm lande bemagtig word.