Nampol sê oor Gawanas-aangeleentheid

Adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi het meer inligting bekend gemaak oor die arrestasie van die Windhoek-burgemeester Sade Gawanas. Sy sê lede van die mag se misdaadvoorkomingsforum het in Okahandja-park gepatrolleer toe hulle drie mense, ‘n vrou en twee mans op die pad gevind het. Die bestuurder van die polisievoertuig het na bewering getoeter maar hulle het nie beweeg nie. Hy het voortgegaan om verby te ry maar gesien hoe een van die mense die “middelvinger” vir die lede gewys het. Die polisie het omgedraai en van daar, die argument en Gawanas se arrestasie. Shikwambi sê Gawanas se bestuurder het na bewering die Wanaheda-polisiestasiebevelvoerder in kennis gestel, wat toe beveel het dat sy vrygelaat word. Gevolglik het die burgemeester na die Wanaheda-polisiestasie gegaan en aanklagte van crimen injuria, onwettige arrestasie en gewone aanranding hangende gemaak. Die ondersoek duur voort.