Inenting teen longsiekte skop af in Ohangwena

Die landbouministerie sê hy het reeds begin met inenting in die Ohangwena-streek nadat longsiekte onder bees in die Ondobe-kiesafdeling bevestig is. Ongeveer 71 diere het die siekte, wat hoogs aansteeklik is en vroeër in die Kavango-streke voorgekom het, opgedoen. Jona Musheko, skakelbeampte van die ministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.