LGBT-moorde: Iemand moet iets sê

Die grusame moord op ‘n lid van die LGBT-gemeenskap in Otjomuise in Windhoek het ‘n herrie laat losbars oor vermeende haatmisdaad-moorde op lede van die gemeenskap. Die lyk van die 30-jarige Christof Fredricks is in ‘n rivierbedding ontdek, met sy privaatdele afgesny. Aktiviste sê hierdie misdade het begin toeneem nadat die Nasionale Vergadering verlede jaar die Swapo-wetgewer Jerry Ekandjo se sogenaamde anti-gay-wetsontwerpe goedgekeur het. Volgens die Namibia Equal Rights Movement is ses lede van die LGBT-gemeenskap sedertdien vermoor. Die Regshulpsentrum het ook kommer uitgespreek oor die onlangse vlaag van gewelddadige misdade teen vroue, kinders en die LGBT-gemeenskap. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum, wat ‘n beroep doen op parlementslede, Jerry Ekandjo en die kerke van Namibië, om iets daaroor te sê.