SA vervoerministers loof arrestasie van agt buitelanders op OR Tambo

Die Suid-Afrikaanse minister van vervoer, Fikile Mbalula, sê die vinnige inhegtenisneming van die agt mense wat probeer het om die land onwettig by die OR Tambo Internasionale Lughawe binne te kom, wys die doeltreffendheid van veiligheidsmaatreëls by grensposte. Die agt immigrante, afkomstig van Bangladesj en Pakistan, is in hegtenis geneem nadat hulle probeer het om immigrasie-dienste by die lughawe te omseil. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, is aan die woord.