Hoof van teenstropingseenheid onmiddellik na Etosha ontplooi

Die Namibiese omgewingsminister, Pohamba Shifeta, het vandag aangekondig dat afgetrede kommissaris Ndahangwapo Kashihakumwa, hoof van die teenstropinngseenheid met onmiddellike effek na die Etosha Nasionale Park herontplooi word ná 11 swartrenosterkarkasse verlede week in die noordweste van die park ontdek is. Shifeta het ook bevestig dat ‘n gesamentlike eenheid teen stropery daarin geslaag om twee verdagtes uit ‘n groep van vyf vas te trek wat probeer het om renosters in die Etosha Nasionale Park te stroop. Die verdagtes het gevlug en twee verdagtes is daarna in hegtenis geneem. Ondersoeke is in ‘n gevorderde stadium om die oorblywende drie verdagtes vas te trek wie se identiteit aan die owerhede bekend is.