NAMSACCO môre op Oshakati

Die Namibië Staatsdiens Spaar- en Kredietkoöperasie, oftewel NAMSACCO, is gestig om die hoë en oormatige skuld onder Namibiese staatsamptenare te takel. NAMSACCO is deur staatsamptenare gestig en die organisasie word deur lede besit en beheer word. Die kantoor van die eerste minister was aan die voorpunt om die stigting van NAMSACCO by te staan. Die konsep is daarop gemik om ‘n spaarkultuur onder Namibiese staatsamptenare aan te moedig. Elly Ashikoto, die skakelbeampte van die Oshana-streeksraad, sê Kosmos 94.1 Nuus NAMSACCO is môre op Oshakati.