Man op Swakopmund doodgeskiet

‘n Skietvoorval het vanmiddag oorkant Spar in die Ocean View-woonbuurt op Swakopmund plaasgevind. Die skietery het na bewering uit ‘n voertuig plaasgevind en ‘n man is doodgeskiet. Die skieters het weggejaag. Die polisie is op die toneel. Inspekteur Ileni Shapumba van Nampol in die Erongo-streek het die voorval aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig.