Namibië het 8 118 vlugtelinge van 17 lande

Namibië het tans altesaam 8 118 asielsoekers en vlugtelinge, het die adjunkminister van immigrasie, Daniel Kashikola, onthul. Kashikola het vandag tydens Wêreld Vlugtelingedag by die Osire-vlugtelingkamp gesê dat hierdie syfer onaktiewe gevalle van 17 lande insluit, naamlik van Bangladesj, Burundi, Kameroen, Tsjad, die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Ethiopië, die Republiek van die Kongo, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Nigerië, Rwanda, Senegal, Somalië, Kenia, Uganda, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.