Verskeping van graan in Swartsee is goeie nuus, maar…

Die Oekraïne kan in September drie miljoen ton graan uit sy hawens uitvoer en sal moontlik in die toekoms maandeliks vier miljoen ton daarvan kan uitvoer, het die adjunkminister van infrastruktuur, Yuriy Vaskov, gesê. Hy sê die Oekraïne het aansoeke ontvang vir 30 skepe om in die volgende twee weke graan uit te voer. Drie Swartsee-hawens is verlede maand heropen ingevolge ‘n ooreenkoms tussen Moskou en Kiëf wat dit moontlik gemaak het om honderde duisende ton Oekraïnse graan te stuur na kopers. Die hoof uitvoerende beampte van die NMI-groep, Ian Collard, sê dit is goeie nuus, maar daar is steeds kommer …