Kortlys van NDF-rekrute vanoggend bekend

Die Namibiese-weermag het vandag die kortlys van sy nuwe rekrute in die regeringsdagblad gepubliseer. Daar is 206 rekrute vanuit elke streek behalwe Khomas waar 266 aangedui is, Ohangwena met 233 en Omusati met 239. Alle kandidate moet op 23 Augustus by hulle verskeie streke aanmeld vir geskrewe en fisiese toetse. Rekrute moet teen sewe-uur aanmeld en indien laat, sal hulle gediskwalifiseer word. Die werwingproses van die weermag het groot reaksie en kritiek ontlok omdat kandidate MIV-negatief moet wees en ook teen Covid ingeënt moet wees.