Olimpiese Komitee sal afrigter se aantygings aanspreek

Die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee het gereageer op aantygings van ‘n top-atletiekafrigter. Die Olimpiese Komitee sê hulle sal Maandag ‘n raadsvergadering hou om dié aantygings te bespreek. Dit volg nadat een van Namibië se top-atletiekafrigters, Letu Hamhola, onlangs die Olimpiese Komitee en Spesiale Olimpiese Komitee beskryf het as organisasies wat onder meer geïnstitusionaliseerde diskriminasie en viktimisering beoefen. Hamhola sê pogings om verduidelikings van die Olimpiese Komitee, Namibiese Sportkommissie en die sportministerie te kry, was tevergeefs en hulle word voortdurend van een kantoor na ‘n ander verwys. Joan Smit, sekretaris-generaal van die Olimpiese Komitee, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.