Ekonomiese druk: Skuld neem toe, navrae oor berading ook

Verbruikers in Namibië het kommer met die stygende rentekoers wat gister deur die sentrale bank na 5,5 persent opgestoot is. Die prima uitleenkoers is tans 9,5 persent. Die ekonomie druk ook met baie hoë voedsel- en vervoerpryse. So ook in Suid-Afrika. Berigte uit die buurland lui dat navrae oor skuldberading het met 17 persent gestyg as gevolg van die hoë lewenskoste. Die uitvoerende hoof van die finansiële beradingsdiens DebtBusters, Benay Sager, sê ‘n toenemende aantal verbruikers soek hulp aangesien hulle met hul finansies sukkel. Sager skryf die toename ook toe aan ‘n gebrek aan inkomstegroei oor die jare: