Grootfontein boerin verskyn weer vandag

Die boerin van Grootfontein, die 65-jarige Marieta Wilhelm sal weer vandag in die hof op Grootfontein verskyn. Sy is op 16 Maart vanjaar in hegtenis geneem na die dood van die 31-jarige Sakaria Kaandje wat drie keer in die kop geskiet is toe hy buite haar huis op haar plaas Fokshof, 100 kilometer buite Grootfontein, deur haar aangetref is. Wilhelm het op 5 April deur middel van ‘n formele borgaansoek, borg van 10 000 Namibiese dollar ontvang. Die saak maak groot opslae en die Suid-Afrikaanse vakbond Solidariteit, sowel as die Namibiese gemeenskap het fondse vir haar ingesamel om haar regskostes te betaal met haar destydse borgaansoek. Ondersteuning van die vakbond duur voort.