Stropers sal altyd ‘n nuwe manier kry…

Met renoster-stropery wat hier en elders in Suider-Afrika skerp toeneem, het professor James Larkin, die direkteur van bestraling en gesondheidsfisika by Wits-universiteit opgekom met ‘n blink plan, die Rhisotope-projek. Navorsing toon dat radioaktiewe isotope in renosterhorings geplaas kan word sonder dat die dier enigiets oorkom. Statistieke uit Suid-Afrika toon dat die meerderheid renosterhoring in diplomate se bagasie of vrag uitgevoer word en die bagasie word nie deursoek nie. Maar, lughawens kan radioaktiewe materiaal optel omdat daar talle sensors is. Op die manier, sonder enige merk, kan die renosterhorings ook opgetel word. Professor Morgan Hauptfleisch, die hoof van Nust se Biodiversiteit-navorsingsentrum het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê al is dit ‘n goeie projek, sal stropers ander metodes vind om die renosterhorings te vervoer.