Pence sal voor 6 Januarie-komitee getuig, indien hy gevra word

Die voormalige visepresident van Amerika, Mike Pence, sê indien hy gevra word, sal hy dit oorweeg om voor die 6 Januarie-kommissie te getuig oor verlede jaar se voorval by die kongresgebou. Die komitee het by ‘n openbare vergadering in Junie besonderhede verskaf oor hoe oudpresident Donald Trump Pence probeer oorreed het om sy plan te steun om die 2020-presidentsverkiesing omver te gooi. Pence het gesê hy glo Trump was verkeerd om te dink die visepresident het die mag om die verkiesingsuitslag om te keer. Trump het herhaaldelik ontken hy het iets verkeerd gedoen.