Kommer oor toenemende kinder-ontvoerings in Wes-Kaap

Die Kaapse LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, het sy kommer uitgespreek oor die toename in kinderontvoerings in die Wes-Kaap. Hy het gepraat ná die jongste voorval waarby ‘n sesjarige kind in Kensington betrokke was. Shanawaaz Asghar is op pad skool toe deur ses gewapende verdagtes ontvoer. Allen het ‘n beroep gedoen op enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van die oortreders kan lei, om na vore te kom: