Europa se oorlog: Dis soos die Hereros van Aminuis val die van Omatjete aan

Winter in die noordelike halfrond is op pad en dit is onduidelik wat van die oorlog in Oos-Europa sal word met swaar sneeu-neerslae en uiters koue weer. Beide Rusland en Oekraïne is natuurlik goed gewoond aan oorlog voer en in die dae van die Sowjet-unie het hulle saam die Nazi’s oorwin en so ook teen […]

Read More

Van Durban se strande maak oop vir die publiek na E. coli uitdagings

Die eThekwini-munisipaliteit het nog strande heropen ná die watergehalte verbeter het. Die besluit om hierdie strande oop te stel is geneem nadat onlangse watertoetse wat deur kenners gedoen is, bevestig het die strandwater het ‘n aanvaarbare vlak vir ontspannings-bedrywghede bereik. Die munisipaliteit se woordvoerder, Msawakhe Mayisela, sê verskeie strande is oopgestel vir swem:

Read More

Dausab vra publiek om te help om ou wette te identifiseer

Die Namibiese minister van justisie, Yvonne Dausab, vra lede van die publiek om te help met die identifisering van verouderde en uitgediende apartheidswette wat steeds in die land in werking is. Dausab het lede van die parlement gevra om die Regshervormings- en Ontwikkelingskommissie se pogings, wat daarop gemik is om uitgediende en onnodige diskriminerende en […]

Read More

Sal e-tol gelde terugbetaal word?

Tolhekke blyk om oral in die nuus te wees. Vanuit Suid-Afrika berig Kosmos 94.1 Nuus se Kaapse korrespondent Fritz Platt dat met die onlangse aankondiging deur die Suid Afrikaanse finansminister, Enoch Godongwana, dat tolhek-fooie in Gauteng geskrap is wonder baie inwoners daar of hul geld, wat hulle al jare lank aan e-tol-fooie spandeer het, terugbetaal […]

Read More

Rishi baklei hard terug in die parlement, Arbeid looi hom

Dis vra en antwoord tyd vir die eerste minister in die Britse parlement en die premier Rishi Sunak loop deur onder vrae van die Arbeidersparty maar, hy baklei goed terug. Sunak het so gereageer na die Arbeiderparty se LP Chris Bryant hom gevra het hoe op dees aarde die Tories na 12 jaar so gemors […]

Read More

Dida, koningin van Tsavo, sterf

Die ikoniese Keniaanse olifantkoei Dida, wat vermoedelik die langste tande op die vasteland gehad het, is weens ouderdom dood. Sy was uiters gewild onder toeriste en onmiddellik herkenbaar as gevolg van die lengte van haar tande. Dida was tussen 60 en 65 jaar oud en die martriarg van haar trop. Dida, wat algemeen bekend is […]

Read More

DA skep wetsontwerp om Ministeriële Handboek se magte in te perk

Die DA in Suid-Afrika het ‘n Privaat Lede Wetsontwerp bekend gestel wat daarop gemik is om die president se magte oor die Ministeriële Handboek in te perk. Die party sê hy het oor die afgelope dekades skandalige misbruike van die Ministeriële Handboek blootgelê, deur feitlik elke demokraties-verkose president wat die land gehad het. Leon Schreiber […]

Read More

Werkers van Otji-munisipaliteit hou protesoptog

Meer as 120 werknemers van die Otjiwarongo-munisipaliteit het vanoggend ‘n vreedsame betoging gehou vir beter werksomstandighede. Hulle sê die munisipaliteit se hoof uitvoerende beampte Moses Matyayi, is ‘n outokraat. Die werkers het petisie opgetrek en wou dit aan hom oorhandig maar hy het sonder om enigiets te sê, geweier om dit te aanvaar. Die werkers eis […]

Read More

Johannesburg werk aan beter bouplan-goedkeuring

Die Stad Johannesburg sê hy maak vordering met die versnelling van bouplan-goedkeuring in voorheen benadeelde gebiede deur die Boupermit-bestuurstelsel. Die stelsel is in Januarie amptelik van stapel gestuur en poog om die indiening en goedkeuring van bouplanne vanaf skriftelik na digitaal te verander. Die burgemeesterskomiteelid vir Ontwikkelingsbeplanning, Belinda Echeozonjoku, sê die departement het onlangs 109 […]

Read More

Trump sal na middeltermyn verkiesings sy kandidaatskap verklaar – bronne

Internasionale nuusagentskappe berig dat bronne na aan oudpresident Donald Trump bevestig dat hy na die Amerikaanse middeltermyn verkiesings op 8 November, sy veldtog vir die 2024-verkiesing sal aankondig. Trump se stafhoof by die Withuis Reince Priebus het bevestig dat hy 95 persent seker is Trump sal in die verkiesing staan, hy wag net vir die […]

Read More