DA skep wetsontwerp om Ministeriële Handboek se magte in te perk

Die DA in Suid-Afrika het ‘n Privaat Lede Wetsontwerp bekend gestel wat daarop gemik is om die president se magte oor die Ministeriële Handboek in te perk. Die party sê hy het oor die afgelope dekades skandalige misbruike van die Ministeriële Handboek blootgelê, deur feitlik elke demokraties-verkose president wat die land gehad het. Leon Schreiber van die DA sê dit is omdat die huidige regsraamwerk aan die president diktatoriale magte gee om belastingbetalers te dwing om vir onbegrote byvoordele en voordele vir ministers en adjunkministers te betaal: