Haaie het kans vanaand om Europese titel te wen

Rugby: Die Haaie is vanaand die eerste Suid-Afrikaanse span om in die eindstryd van ‘n Europese beroepsklubtoernooi te speel wanneer hulle in Londen in die Uitdaagbeker teen Gloucester te staan kom. Die Haaie speel in die eindstryd na die swakste veldtog deur ‘n Suid-Afrikaanse span in die Verenigde Rugbykampioenskap, nadat hulle slegs vier van hulle 17 wedstryde kon wen. Die Springbok-loskopstut Ox Nché, wat in sy 50ste wedstryd vir die Durbaniete speel, glo die Haaie kan dit vanaand steeds in ‘n suksesvolle seisoen omskep.