Sal e-tol gelde terugbetaal word?

Tolhekke blyk om oral in die nuus te wees. Vanuit Suid-Afrika berig Kosmos 94.1 Nuus se Kaapse korrespondent Fritz Platt dat met die onlangse aankondiging deur die Suid Afrikaanse finansminister, Enoch Godongwana, dat tolhek-fooie in Gauteng geskrap is wonder baie inwoners daar of hul geld, wat hulle al jare lank aan e-tol-fooie spandeer het, terugbetaal sal word. Volgens berigte neem druk toe vir die Gautengse provinsiale regering om duidelikheid te gee oor of motoriste ooit terugbetalings sal ontvang. Platt het met Wayne Duvehnage van Outa gepraat.