Dausab vra publiek om te help om ou wette te identifiseer

Die Namibiese minister van justisie, Yvonne Dausab, vra lede van die publiek om te help met die identifisering van verouderde en uitgediende apartheidswette wat steeds in die land in werking is. Dausab het lede van die parlement gevra om die Regshervormings- en Ontwikkelingskommissie se pogings, wat daarop gemik is om uitgediende en onnodige diskriminerende en skadelike wette wat nog bestaan, te herroep, te ondersteun. Daar is verskeie wette wat nog van krag is soos byvoorbeeld die bevordering van wit kultuur in Namibië, ‘n minimumloon wat aan inboorlinge moet betaal word en meer. Sy sê daar is 71 wette wat tot dusver geïdentifiseer is wat gewysig of herroep moet word.