Europese hoenderproduksie onder druk oor energiekostes

Operateurs in die Europese pluimveevleis verskaffingsketting sukkel om produksievlakke te handhaaf weens die uiters hoë energie- en voerpryse. ‘n Beroep is op produsente gedoen om produksie te prioritiseer om bekostigbare en deurlopende voorsiening van hoenderprodukte in die komende weke te waarborg. Die koste van energie, wat 70 persent van produksie verteenwoordig, kniehalter produsente en daar word verwag dat talle operasies in die […]

Read More

Klimaat-teikens: Almal, maar almal, is agter

‘n Agentskap van die Verenigde Nasies het gewaarsku die wêreld stuur af op ‘n rampspoedige klimaatkatastrofe, met nasies skokkend ver agter om hul teikens vir aardverwarming te verminder. Die doelwit was om aardverwarming te beperk tot minder as 1,5-grade Celsius bo voor-nywerheidsvlakke, maar die wêreld is tans op pad om teen die einde van die […]

Read More

Ondersoek gelas na Baby, adjunksekretaris van SA-parlement, na brand

Die adjunksekretaris van die Suid-Afrikaase parlement, Baby Tyawa, is geskors aan die begin van ‘n ondersoek na die brand in Januarie wat miljarde rand se skade aangerig het aan die ikoniese kompleks in Kaapstad. Die Parlement se nuwe sekretaris, Xolile George, het ook ‘n ondersoek aangekondig na beweerde administratiewe onreëlmatighede in Tyawa se kantoor terwyl […]

Read More

Jongste oor grondbelasting-chaos

Die Namibiese Landbou-unie het die waardeerder-generaal, Rudolf !Nanuseb, besoek en gesprek gevoer oor die probleme wat baie boere steeds ondervind om die regte aanslae vir grondbelasting vanaf sy kantoor te bekom. Volgens die unie is daar ooreengekom dat grondeienaars wat nie die korrekte aanslae betyds voor die keerdatum ontvang het nie, nie vir laat betalings gepenaliseer sal word nie. Die unie sê verder […]

Read More

Erongo-expo ‘n gulde geleentheid

Die 14de uitgawe van die Erongo Business and Tourism Expo vind tans op Walvisbaai plaas. Dit het Woensdag geopen en loop môre ten einde. Die goewerneur van die Erongo-streek Neville Andre sê die expo vorder baie goed tot dusver en is ‘n goeie geleentheid nie net om te bemark nie maar ook om te netwerk.

Read More

Eksamens: SA-skole moet gevrywaar word van beurtkrag

Die Nasionale Vereniging van Skoolbeheerliggame in Suid-Afrika sê hy neem kennis van die uitdagings waarmee vanjaar se matrieks te kampe het. Die vereniging sê beurtkrag dra by tot die probleme wat reeds bestaan. Matakanye Matakanya van die vereniging sê as skole vrygestel word van kragonderbrekings, sal dit help om die druk op leerders te verlig. […]

Read More

West se wasbeeld in Londen verwyder

Die Amerikaanse kletsrymer Kanye West het nóg terugslae beleef ná die herrie oor sy anti-semitiese uitlatings op sosiale media. In die jongste voorval, het die Amerikaanse skoen-vervaardiger, Skechers, aangekondig dat West van die maatskappy se perseel weg-begelei is, toe hy ongenooid opgedaag en sonder toestemming beeldmateriaal begin verfilm het. Die maatskappy sê hy het geen planne om met West saam te werk nie. West se wasbeeld in Madame Tussauds in Londen is […]

Read More

Mak leeus bedreig die spesie

Four Paws South Africa sê nuwe navorsing oor die gewilde toerisme-aantreklikheid wat mense toelaat om leeuwelpies te streel, toon die praktyk het ‘n negatiewe uitwerking op die groot katte. Volgens ‘n nuwe studie deur die New York-universiteit en Four Paws, maak dit jong leeus gewoond aan aanraking, bevorder teling in gevangenskap en hou ernstige gevolge […]

Read More

Dwelmhandel verdubbel in twee jaar

Plaaslike berigte lui dat die hoeveelheid dwelms wat in die afgelope twee jaar deur owerhede gekonfiskeer is, verdubbel het. In 2020 is 1 438 verdagtes gearresteer en die waarde van die beslagleggings was 17,3 miljoen dollar. In 2021 is 35,5 miljoen dollar se dwelms gevind en 1 452 verdagtes is in hegtenis geneem. In 2022 is […]

Read More

Reaksie op R10m se onwettige tabak-vonds in Oos-Rand

Tax Justice SA sê ‘n reuse-beslaglegging op gesmokkelde tabak wat aan die Gautengse Oos-Rand afgelaai is, bewys misdadigers probeer steeds onwettige sigaretfabrieke bedryf ten spyte van onlangse klopjagte deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. SARS-spanne wat deur die polisie ondersteun is, het beslag gelê op onverwerkte tabak van meer as 10 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat vanuit Zimbabwe vervoer is. Die stigter […]

Read More