Volksmoord: Beroepe word lawaai, en is uiteenlopend

Die Landless People’s Movement sê daar is verskeie stemme vanuit geraakte gemeenskappe oor die Duitse volksmoord se reparasie-ooreenkoms tussen Duitsland en die Namibiese regering. ‘n Handvol mense van die Voorvaderlike Grondstigting van Namibië het ‘n vreedsame optog gehou teen die onteiening van voorvaderlike grond. Volgens Tjeja Uatjatindi, ‘n aktivis vir voorvaderlike grondregte, kan die regering […]

Read More

Onderwysministerie onttrek diskriminerende advertensie

Die Namibiese onderwysministerie het ‘n advertensie vir ‘n onderwyspos by ‘n skool in Omusati onttrek na die Studente-unie van Namibië bohaai gemaak het. Die unie sê die advertensie diskrimineer omdat die ministerie gesê het dat net gegradueerdes van Unam vir die pos, wat ‘n tussentydse onderwyser vir Engels vir grade 4 tot 7 was, aansoek kon doen. Die vakbond sê […]

Read More

Waluś: Bewys dat almal gekyk is voor die gereg

Janusz Waluś se prokureur sê die uitspraak van die Konstitusionele Hof wys dat almal gelyk voor die reg behandel moet word. Die hof het beveel dat Chris Hani, leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, se moordenaar op parool vrygelaat word. Waluś het Hani in 1993 buite sy Boksburg-huis doodgeskiet. Julian Knight sê sy kliënt het […]

Read More

Messi se laaste kans is in Katar

Lionel Messi sê dis die laaste geleentheid wat hy het om die Wêreldbeker te wen. Die 35-jarige Messi speel in sy vyfde wêreldtoernooi saam met Argentinië in sy eerste wedstryd van die toernooi, teen Saoedi-Arabië in Katar. Die voorspeler van Paris St-Germain het nog nooit die Wêreldbeker gewen nie. Die naaste wat hy daaraan gekom het, was in 2014 toe Argentina die eindstryd verloor het. Messi sê […]

Read More

Gauteng loods veldtog teen drank, dwelms 

Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling in Gauteng sal vandag sy feestydveldtog teen alkohol- en dwelmmisbruik bekendstel. Die veldtog is daarop gemik om gemeenskappe in te lig oor alkohol- en dwelmmisbruik en die uitwerking daarvan op die lewens van Suid-Afrikaners. Die departement se woordvoerder, Lumka Oliphant, sê die misbruik van alkohol en dwelms is een van die grootste bydraende faktore vir […]

Read More

Mielieprodusente wag op reën, het kommer oor insetkoste

Herman Stroh, ‘n boer van die plaas Hanssenia, 25 kilometer buite Grootfontein naby die Hoba-meteoriet, sê boere in die Noorde is gereed vir die plantseisoen. Hy sê akkerbouers het teen dié tyd meer reën verwag en hulle het nog nie begin plant nie. Stroh sê die hoë insetkoste en die dieselprys gaan ook ‘n rol in die plantseisoen speel.    

Read More

Herrie los oor Swakop-munisipaliteit wat Walvis agterlaat

Die Swakopmundse munisipaliteit nooi toerisme- en gasvryheids-ondernemings van dié kusdorp uit om hul spesiale aanbiedings tydens die feesseisoen op die munisipaliteit se webtuiste en sosialemedia-platforms te bemark en te bevorder. Swakopmundse toerisme-ondernemings word aangemoedig om hul dienste en produkte gratis te bemark. Swakopmund-munisipaliteit se sosialemedia-platforms het byna 30 000 volgelinge met ‘n internasionale reikwydte van meer 180 000 […]

Read More

Zuma se mediese parool bly in die nuus

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê hy ondersoek regs-opsies ná die Appèlhof se bevinding teen oudpresident Jacob Zuma. Die hof het saam met ‘n laer hof se beslissing gestem dat Zuma se vrylating op mediese parool onwettig en ongrondwetlik was. Die instituut se woordvoerder, Gabriel Crouse, sê dis verwarrend dat die hof beslis het Zuma moet terug tronk toe […]

Read More

36 dood in fabriekbrand in China

‘n Brand by ‘n fabriek in sentraal-China het minstens 36 lewens geëis en twee mense word vermis. Nog twee slagoffers word in die hospitaal vir brandwonde behandel. Dit is onduidelik wat die brand veroorsaak het, maar die polisie sê verdagtes is in hegtenis geneem. Nywerheidsongelukke kom dikwels in China voor weens swak veiligheidstandaarde en korrupsie onder amptenare […]

Read More

Ondersoek na Mabuza se ongeluk gelas

Die buurland se nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola sê ‘n ondersoek is aan die gang om die omstandighede te bepaal, rondom die ongeluk waarby adjunkpresident David Mabuza se motorkonvooi betrokke was. Die konvooi het tussen Mpumalanga en Gauteng gereis toe een van die bystandsvoertuie se band gebars en die motor omgeslaan het. ‘n Polisielid wat aan die presidensiële beskermingseenheid verbonde is, is op die […]

Read More