Trump sal na middeltermyn verkiesings sy kandidaatskap verklaar – bronne

Internasionale nuusagentskappe berig dat bronne na aan oudpresident Donald Trump bevestig dat hy na die Amerikaanse middeltermyn verkiesings op 8 November, sy veldtog vir die 2024-verkiesing sal aankondig. Trump se stafhoof by die Withuis Reince Priebus het bevestig dat hy 95 persent seker is Trump sal in die verkiesing staan, hy wag net vir die reuse-Republikeinse oorwinning in die komende verkiesings. Trump het vroeër in Oktober reeds daarop gesinspeel in ‘n toespraak in Texas.